Michéle se huis

This slideshow requires JavaScript.

Michéle se huis

Die karaktervolle ou dorpshuis met sy groot roostuin huisves ‘n eklektiese versameling kuns en meubels, asook ‘n hoekie waar mens self met ink en kwas kan vroetel. Hoof slaapkamer met vol badkamer en suite, sitkamertjie met enkelbed daarlangs. Tweede slaapkamer met deure op die stoep en privaat stort. Kaggel en koolstoof in die leefarea en kombuis vir winteraande. Lekker stoep met braai.

KOSTE

R800 per nag vir 2 persone; R1000 vir 4 persone.

KONTAK en BESPREEK

Henriette 0824544769 of Dahla 0824580996